Seeff Potchefstroom en Carletonville se agente gaan elke maand van krag. Paul Kruger, direkteur Seeff Nasionaal, Sentraalstreek Voorsitter en Lisensiehouer Potchefstroom en Carletonville/Fochville noem dat dit verblydend is dat nuwe agente en “rookies” ook die vrugte begin pluk van hul keuse om aan te sluit by die markleiers in Potchefstroom.
Freda Golden beklee Nasionaal die twintigste posisie, vir die jaar tot op datum, uit meer as ‘n duisend agente landswyd. Hierdie posisie is merkwaardig as in ag geneem word dat sy kompeteer met agente in Sandton, Kampsbaai en verskeie ander sterk agente van die meer as 200 kantore Nasionaal. Freda beskryf Seeff as volg: “Seeff is the way to go! Ek is trots om deel van hierdie span te wees. Vir Seeff en Paul is net die beste goed genoeg – “High achievement always takes place in the framework of high expectations.” Dankie vir elke geleentheid”. Freda het alreeds verskeie top toekennings binne die die Seeff groep ontvang, onder andere die “New Comer of the Year”
Paul Kruger noem dat dit vir hom ‘n voorreg is om iemand soos Freda in die Seeff groep te hê. Freda se kennis van die bedryf is uitstekend. Die wyse waarmee sy haar kliënte opsom is bogemiddeld. Sy is nie verniet Potchefstroom se top agent nie.
Jeanne Adriaanse het in Junie maand die 16de hoogste verkope in die Seeffgroep gehad. Sy het nou ingeskuif in die tweede plek met betrekking tot haar verkope in die Potchefstroom kantoor. Jeanne is welbekende in die eiendomsbedryf en het al verskeie top toekennings ontvang. Jeanne Adriaanse ervaar Seeff as volg: Dit is wonderlik om ‘n sterk leier, met werklike kennis en bemarkingservaring aan die stuur te hê. Die ondersteuning en vriendelikheid van die admin-span is puik en dit skep ‘n klimaat van motivering in die kantoor. ‘n Werkbare stelsel betreffende “canvassing en listing areas” Ek kan weer werk! Heerlik om te voel iemand is oop vir jou idees, al word dit nie noodwendig aanvaar of goedgekeur nie”.
Paul is van mening dat Jeanne vinnig op pad is om weer een van die top agente in Potchefstroom te word. Sy is deeglik en ’n perfeksionis as dit by haar werk met kopers en verkopers kom.
Nuwe agente wat onlangs erkening vir hul prestasies ontvang het vir eerste transaksies by Seeff is Hennie Boy, Sonel Willemse, Savvas Nel, Johan Kock. In Carletonville het Lesley-Jane van Loggerenberg en Joy le Roux hul eerste Seeff transaksies gedoen
Paul noem ook dat hy geseënd is met ‘n ongelooflike sterk groep individue in die twee kantore. Hy noem ook dat hoe sterker die groep, hoe sterker sal die individue wees en hierdie benadering het tot gevolg dat die Seeffkantoor en Seeffagente so suksesvol is. Indien enige nuwe of bestaande agent deel van die top span in Potchefstroom, Carletonville en Fochville wil word, kan epos gestuur word na potch@seeff.com. Alle aansoeke sal as konfidensieel hanteer word.
de1a034a-b025-4d52-8443-a441d4a17fd7|0|.0