Die Seeff Carletonville en Fochville kantore amptelik deel van die Seeff Potchefstroom kantoor. Hierdie strategiese oorname hou voordele vir ons Seeff kliente in deurdat verkopers verseker kan wees dat die suksesvolle model in Potchefstroom maklik in Carletonville en Fochville gedupliseer kan word.
Paul Kruger, direkteur Seeff Nasionaal, Sentraalstreek Voorsitter en Lisensiehouer Potchefstroom en nou ook Carletonville en Fochville is van mening dat Seeff, soos in Potchefstroom, gou die markleiers kan word. Die primere doelwit gaan wees om alleenmandate te bekom want Kruger glo dat alleenmandate verkopers in die beste posisie plaas om die hoogste moontlike prys in die korste periode met die minste ongerief te verkoop.
“The proof of the pudding is in the eating” en Seeff Potchefstroom het reeds bewys dat alleenmandate by ‘n sterk en welbekende nasionale handelsnaam, verkopers in die beste posisie plaas. Seeff Potchefstroom verkoop hul alleenmandate gemiddeld meer as 2 maande gouer as oop mandate en realiseer 6% hoër verkoopspryse op alleenmandate as oopmandate
Kruger noem dat hy bewus is van doemprofete daarbuite wat kliënte afraai om alleenmandate te teken. Hierdie persone is onkundig en oningelig en het ‘n duidelike gebrek aan vaardighede. Kruger stel dit duidelik dat iemand wat verkopers afraai om alleenmandate te teken nie in hul eie maatskappy, hul eie vermoëns as agent en ook hul bemarkingshulpmiddels glo nie. Wees versigtig vir sulke agente.
Seeff Eiendomme se sukses met alleenmandate weerspieël in die feit dat 85% van eiendomme wat deur Seeff verkoop word, eiendomme is waar die verkopers alleenmandate aan Seeff toevertrou het. In Junie maand het Seeff Potchefstroom die 90% merk oorskry.
Indien u enige inligting verlang met die koop of verkoop van eiendom skakel Potchefstroom 018 297 5126, Carletonville/Fochville 018-286 2424 of besoek ons by www.seeff.com, vind ons op facebook of volg ons op Twitter.
087e5702-b8e9-4a46-8e3a-30991d0fef81|0|.0