Ten spyte van een van ergste resessies in die eiendomsmark in 2009 het Seeff Potchefstroom alle verwagtinge die afgelope 9 maande oortref. Met rekord verkope gedurende hierdie periode, groei van 71% vir die eerste kwartaal van 2010 en reeds ‘n 56% groei vir die tweede kwartaal van 2010 met nog ‘n maand oor is Seeff Potchefstroom ‘n dominante rolspeler in eiendomsverkope in Potchefstroom.
Die vraag kan met reg gevra word “ wat maak Seeff Potchefstroom so suksesvol?”
Paul Kruger, direkteur Seeff Nasionaal, Sentraalstreek Voorsitter en Lisensiehouer Potchefstroom is van mening die kantoor se sukses toegeskryf word aan gesonde besigheidsbeginsels, eerlike, opregte harde werk en om die basiese besigheidsaktiwiteite die eerste keer reg te doen.
Kruger noem as voorbeeld dat Seeff domineer skouhuise, het meer alleenmandate as enige van ons kompetisie (met ‘n 85% sukses verkope daarvan), die meeste en hoogsopgeleide agente, nuwe elektroniese media wat suksesvol gebruik word in die vorm van Facebook, Twitter, Seeff Potchefstroom Blog en ons Lourie genomineerde internettuiste, www.seeff.com.
Seeff Potchefstroom spog verder ook met meer agente as enige ander agentskap en daar is ‘n gesonde balans van ervaring en nuwe toetreders tot die bedryf. Hierdie span is effektief, hoogs opgelei en is saamgesnoer in ‘n geoliede masjien met een doel voor oë: “ to become the real estate organization of choice by providing a professional business environment that is build on sound and exceptional business practices where we can commit our self to a lifetime customer relationship through outstanding results.”
Volgens Kruger is Seeff Potchefstroom Agente ‘n uitgesoekte groep individue wat die potensiaal het om die beste in die bedryf te word, indien nie al reeds is nie.
Kruger het alreeds in 2007 voorspel dat daar ‘n drastiese uitsifting van agente gaan kom. Daar was net te veel toetreders tot die mark met geen of weinig ondervinding. Die vlak van toetrede was te laag en enige persoon met slegs een jaar ondervinding kon sy / haar eie agentskap begin. Selfs nuwe agente het by onbekende agentskappe ingeskakel en hul kans op sukses was baie laag aangesien kennis, ondersteuning en opleiding ontbreek het. Die direkte gevolg hiervan was dat nuwe agente nie die mas kon opkom nie. Hierdie toedrag van sake het egter verander en dit is nie meer moontlik om oornag ‘n nuwe agentskap te kan begin nie. Daar was tot onlangs nog meer as 85 000 geregistreerde agente nasionaal en die jongste syfer is minder as 30 000 agente geregistreer in Suid-Afrika.
Seeff Potchefstroom se agente het ook in 2009 top erkennings ontvang vir hul uitmuntende prestasies. Freda Golden (2008 & 2009), Martie Vorster (2009) en Petru Lubbe (2009) het d
ie gesogte Seeff “Achiever” toekennings ontvang.
Seeff Potchefstroom verkoop alreeds die afgelope 9 maande 1 uit elke 4 residensiële eiendom in Potchefstroom. Januarie 2010 het Seeff ‘n fenomenale 1 uit elke 3 eiendomme verkoop. (Geverifieer Lightstone). Indien u enige inligting verlang met die koop of verkoop van eiendom skakel 018 297 5126 of besoek ons by www.seeff.com, vind ons op facebook of volg ons op Twitter.
90b26ace-9370-4dcc-b9c5-ec9f473abcec|1|1.0