Huiseienaars wat hul eiendom wil verkoop is verkeerdelik onder die indruk dat indien hulle hul eiendom vir meer as 1 agentskap gee, die kans soveel beter is dat hulle die eiendom gouer sal verkoop en die hooste moontlik prys sal realiseer. Hierdie startegie kan net mooi die teenorgestelde gevolg hê. Dit is die mening van Paul Kruger, lid van Seeff Nasionale Raad, Voorsitter Seeff Sentraalstreek en Lisensiehouer Potchefstroom, Carletonville en Fochville. Hy noem “To many cooks spoil the broth”. Eiendomme wat deur elke Tom, Dick en Harry bemark word, maak u eiendom goedkoop en u kom desperaat voor.
Verkopers kan ook nie verwag dat ‘n eiendomskonsultant 100% tyd, aandag en kapitaal kan en sal spandeer aan ‘n eiendom wat deur dosyne ander eiendomskonsultante bemark word nie. ‘n Oopmandaat strategie het tot gevolg dat eiendomskonsultante met mekaar kompeteer en nie kopers nie, wat direkte nadelige gevolge vir u as verkoper inhou. Eiendomskonsultante wat op oopmandaat werk sal die eerste en beste aanbod aan u voorlê uit vrees dat ‘n ander konsultant ‘n ander aanbod kan inbring. Eiendomskonsultante wat op allenmandate werk weet dat tyd aan hulle kant is en hulle kan die beste aanbod moontlik namens die verkopers onderhandel. Seeff Potchefstroom realiseer 18% hoër verkoopspryse vir eiendom wat op alleenmandaat bemark word in vergelyking vir eiendom wat op oopmandaat bemark word.
‘n Tweede belangrike nadeel van oopmandate is die feit dat dit langer neem om te verkoop. Net mooi die teenoorgestelde effek as waarop verkopers gehoop het. Die belangrikheid van ‘n alleenmandaat is dat u eiendomskonsultant nou kan fokus op u eiendom om toe te sien dat dit so spoedig moontlik en teen die hoogste prys moontlik kan verkoop. Die realiteit is eenvoudig, hoe gouer hy/sy dit verkoop, hoe gouer kry die eiendomskonsultant sy kommissie en hoe hoër hy/sy dit teen verkoop hoe hoër is die kommissie. Indien u u eiendom op Alleenmandaat aan ‘n eiendomskonsultant toe vertrou kan u kwaliteit diens van hom/haar eis. Die Nasionale gemiddelde periode wat dit neem om ‘n eiendom te verkoop is net onder 6 maande . Seeff Potchefstroom se gemiddelde periode om alleenmandate te verkoop is 71 dae en oopmandate 123 dae. Dit neem met ander woorde ‘n Seeff Potchefstroom eiendomskonsultant 52 dae vinniger om hul alleenmandate te verkoop as hul oopmandate. Die realiteit is dat u u eiendom vir ‘n periode van tussen 3 tot 6 maande aan ‘n bekwame eiendomskonsultant moet toevertrou vir die beste moontlike resultate.
Enige bekwame, gerespekteerde eiendomskonsultante sal eerder 10 eksklusiewe alleenmandate bemark as 100 oopmandate. U kans as verkoper op ‘n vinniger verkoop teen ‘n hoër prys met die minste ongerief is beter met 10 alleenmandate as om deel van die 100 oopmandate te wees.
Die uitdaging vir u is egter om die regte eiendomsagentskap te kan aanstel. Dit is beter om u eiendom aan 1, hoogstens 2 van die beste eiendomsagentskappe toe te vertrou wat aktief in die eiendomsbedryf is, wat oor voldoende bemarkingshulpmiddels beskik en bewyse van hul suksesse kan lewer as 10 dooies wat alles lys wat voorkom, maar min tot geen resultate toon. Eiendomskonsulante wat u afraai om alleenmandate te teken bevraagteken hul eie en die agentskap vir wie hul werk se vermoëns, bemarkingshulpmiddels en bekwaamheid om eiendom suksesvol op alleenmandaat te kan bemark.
Kruger noem dat statistiek bewys dat alleenmandaat u bondgenoot kan wees, mits u seker maak dat u die regte agentkap aanstel wat die vermoë het om alleenmandate suksesvol te kan bemark, anders kan dit in nagmerrie ontaard. Vermy die strategie van elke Tom Dick en Harry!
In ‘n volgende artikel word die keuse van ‘n agent bespreek. Indien u nie die gewenste resultate met die bemarking van u eiendom op oopmandaat bereik nie, kontak die alleenmandaatspesialiste by 018 297 5126 of stuur ‘n epos na potch@seeff.com vir meer inligting.