Smart Move Seeff

Riglyne vir die keuse van ‘n eiendomskonsultant

Die verkoop van ‘n eiendom word naas die afsterwe van ‘n geliefde en ‘n egskeiding beskou as een van mees stresvolle gebeurtenisse in individue se lewe, maar die regte keuse van ‘n eiendomskonsultant kan die proses vergemaklik.

Vir die meeste  individue is die koop en verkoop van ‘n eiendom een van hul grootste finansiële transaksies waarby hy of sy betrokke gaan raak en eiendomskonsultante speel ‘n kardinale rol in die proses.  Dit is egter skrikwekkend om te sien hoe onprofessioneel verkopers omgaan met die keuse en aanstelling van eiendomskonsultante wat hul moet bystaan in verkoopsproses.

Dit is te verstane hoekom verkopers op ‘n lukraak wyse omgaan met die keuse van eiendomskonsultante.  Verkopers wil altyd die hoogste moontlike prys vir hul eiendom kry en kopers die laagste moontlike prys betaal.  Die gevolg hiervan is dat verkopers hul keuse van ‘n  eiendomskonsultant neem op grond van onrealistiese verwagtinge by hulle geskep word met betrekking tot ‘n verkoopsprys.  Die probleem is egter dat GEEN eiendomskonsultant die prys kan bepaal nie.  Die mark bepaal of hulle bereid gaan wees om u verkoopsprys te betaal, nie die eiendomskonsultant nie.  Nie eens die beste bemarking sal ‘n eiendom wat oorprys is, verkoop nie.  Wat is die kans dat ‘n eiendom wat oorprys is verkoop sal word deur ‘n eiendomskonsultant wat ‘n swak bemarkingsplan het?

Daar is slegs 4 redes waarom eiendom nie verkoop nie, nl.:

 

  1. Ligging en toestand
  2. Opskortende voorwaardes
  3. Bemarking
  4. Prys

 

Nadat u die besluit geneem het om te verkoop, is die verwagting van enige verkoper om die hoogste moontlike prys in die korste moontlike tyd met die minste ongerief te verkoop.

Paul Kruger, Direkteur Seeff Potchefstroom, beveel aan dat verkopers hul huiswerk deeglik moet doen alvorens daar ‘n mandaat aan ‘n agentskap of agentskappe toegeken word.  Die verkeerde keuse kan tot gevolg hê dat die verkoopsproses in ‘n nagmerrie kan ontaard en die tydperk wat dit neem om te verkoop, verleng.

Kruger beveel aan dat verkopers die keuse van ‘n agent moet hanteer deur ‘n formele onderhoud met ‘n gekose groep eiendomskonsultante op afsonderlike tye te hou. Identifiseer die top 3 agentskappe wat na u mening die mees aktiefste  in u area is en nooi hulle uit om ‘n onderhoud met u te voer.  U uitgangspunt moet wees om te bepaal wie die beste bemarkingsgeleenthede vir u eiendom bied, aangesien bemarking die enigste faktor is waaroor ‘n eiendomskonsultante beheer het.

Om te bepaal wie die mees aktiewe agentskappe is, begin in en om u woonbuurt self. Watter agentskap het die meeste “Te Koop” en “Verkoop” borde op en wie doen die meeste Skouhuise.  U word aangeraai om van die skouhuise te besoek en vra vrae asof u ‘n potensiele koper is. U sal baie gou agterkom watter konsultant oor die nodige kennis en vaardighede beskik om u eiendom suksesvol te kan bemark. 

U kan ook kyk na die tipe advertensies wat in drukmedia gebruik word.  Weereens kyk na die kwaliteit van die inhoud, foto’s, beskrywings en grootte.  Waar media versprei word en hou gereeld.

Teen die agtergrond van die feit dat feitlik al kopers internet toegang het en al meer kopers hul tot die internet wend om eiendom te soek, beveel Kruger aan dat u moet bepaal hoe goed en effektief die agentskap se internettuiste is.  Bepaal waar is die agentskap geposisioneer en hoeveel verkeer word maandeliks deur die internettuiste hanteer.  Kyk ook na die kwaliteit van die inhoud, is dit professioneel en word dit instand gehou.  Watter tipe funksionaliteit is beskikbaar en is dit verbruikersvriendelik.

Ander kriteria is om te bepaal of die agentskap internasionale verbindtenisse het.  Probeer sover moontlik om besigheid te doen met agentskappe wat eg Suid-Afrikaans is, maar steeds internasionale verbindtenisse het.  Waarborg die agentskap hul diens met alleenmandate. Doen die agentskappe Plaaslike, Nasionale en Internasionale uitstallings.  Met wie het die agentskap strategiese ooreenkomste.  Is die agentskap ‘n Nasionale Handelsnaam.  Wat is die vlak van opleiding en kwalifikasies van die eiendomskonsultante.

‘n Belangrikste indikator van die sukses van ‘n agentskap is hul suksesse.  Dring aan op bewys van verkope en registrasies die afgelope 12 maande.  Hoe meer eiendomme die agentskap verkoop hoe groter is die moontlikheid dat hulle ook u eiendom sal verkoop.

Kruger stel ook voor dat Verkopers moet seker maak op watter wyse die konsultant met u gaan kommunikeer.  Is daar ‘n mandaatbestuursisteem in plek en hoe gereeld word terugvoering gegee. Hoe word die mandaat gemonitor en deur wie.  Dit is van kardinale belang dat die kommunikasiekanaal tussen die verkoper en konsultant oop moet wees.

Soos reeds genoem is bemarking die enigste faktor waaroor konsultante beheer het en teen die agtergrond hiervan moet dit die enigste maatstaf wees wat u gebruik om u eiendomskonsultant aan te stel.

  Property Search
  Subscribe